Skaaptrek Camino – once in a lifetime experience

Skaaptrek/Skaap Camino – noem dit wat jy wil, maar dit is veel meer as wat die naam beteken. My dogter, Hilke, en haar man Renier, het my genooi om dit saam met hulle te doen. Ek het vinnig JA gesê vir die geleentheid om iets saam met my kinders te kan doen.

My ervaring: Die natuur in sy verskillende skakerings was ‘n belewenis. Dieselfde gewaar-wording is moontlik met ‘n voertuig maar die detail en “deel daarvan wees” gaan ontbreek. Om die sterrehemel in soveel prag en praal te sien besef ‘n mens hoe klein en nietig ons as mense in die groter heelal is.

Om die voetstappe van mens en dier binne die natuur in stilte te kan ervaar was voedsel vir my siel.

Maar bo al die wonders van die natuur staan die interaksie en verhouding tussen Lambert die boer, Jan en Andrew sy arbeiders, Bekka en Tess sy honde en al die skape bo alles uit. ‘n Voorbeeld van die sorg en aandag teenoor jou naaste kon ek nie op ‘n beter manier gesien en ervaar het nie. As ons dit kan regkry om hierdie voorbeeld daagliks uit te leef sal ons van die wêreld ‘n beter plek kan maak.

Die heerlike “kontreikos” wat Elna en Joretha vir ons voorberei het, het van elke maaltyd ‘n feesmaal gemaak.

Dankie aan Wium, Lambert en Elna vir ‘n ongelooflike ervaring – “once in a lifetime experience”.

Louis