Vir ‘n lang ruk na my onderskeidingstydperk smag ek weer na ‘n totale wegkom, tot-stilstand-kom, eenvoudig en in die natuur.
Dit, en nog baie meer, is wat die Skaaptrek vir my gebied het. Buiten die ongelooflike spesiale samesyn met my mede- skaaptrekkers (wat my liewe pa en man insluit) was die wye stil ooptes, die binne-in die natuur wees, my ritmiese stappende liggaam in gelid met dié van die 532 skape, die eenvoud van kamp langs die pad, die verwondering van ‘n lam wat padlangs gebore word, die koue oggendlug teen my vel, geurige kontreikos, en die wonder van skaaphonde wat skape bymekaar hou, ‘n ongelooflike reis saam met God wat Homself in alles laat vind.
Ek het so tuis gevoel. Dit kan net beleef word.
– Hilke